Feedback

Baie dankie vir jul altyd super netjiese en skoon akkomodasie, heerlike broodjie en al die ekstras om ons as oornag reisigers mee te bederf. Dit word so baie waardeer. Ungerer's - Bietou.

Kambro padstal is eerder 'n 10 ster plek! WAT 'n ERVARING! Ons het die skaap kerrie en rys BAIE BAIE geniet!! Connie vd Schyff

Wilma, graag wil Potchefstroom Dienssentrum jou hartlik bedank vir die gasvryheid waarmee julle ons Sondag 21 Augustus 2022 as toergroep ontvang het. Dankie vir die netjiese skoon akkommodasie en die heerlike etes wat ons by julle genuttig het. Dit was ʼn wonderlike wegspring vir ons 10 dag toer. Ons is terug in Potchefstroom met ʼn groep bejaardes wat steeds borrel oor al die lekker van ons afgelope toer.

Ons sal julle aanbeveel sover ons gaan.  Alles van die mooiste en beste julle toegewens

Potchefstroom Dienssentrum

Dit was ons eerste keer by Kambro en beslis nie die laaste keer nie.  Baie dankie vir die skoon en netjiese verblyf om nie van di heerlike gebraaide tjops, slaai en brood te praat nie. Sien weer vorentoe. Dalene Pretorius

Baie dankie vir onvergeetlike en puik diens ons sal julle altyd aanbeveel! Seëngroete - Cas & Kotie Swanepoel

Ek wil baie baie dankie sê vir die heerlike warm slaap en welkom laat voel by Kambro.  Ons waardeer julle mooi huisie waarin ons kon oornag, die lekker plaasbrood en die hout wat jul verskaf het. Jul gasvryheid word baie waardeer. Die lekker warm beddegoed was vir my wonderlik!!!  Dankie dat ons ons vakansie op ‘n hoogtepunt kon afsluit. Ons sal beslis weer ‘n oornag by julle maak.  Mooi dag  Ilze Visser

Ons het in Asbos geslaap en het die verblyf en varsgebakte broodjie baie geniet. Dit is skoon en netjies en daar is alles wat ons nodig gehad het. Ons sal weer daar oornag en die rustigheid geniet! Dankie. Elzaan

Ons verwagting is ver oortref in alle opsigte.

Aangename en baie professionele mense in alle opsigte. Ons is baie goed ontvang en het 'n pragtige, skoon en goed toegeruste huisie gehad (Asbos). Kambro het ons die oggend al gebel om te hoor of hulle vir ons aandete moet regmaak. Ons het die lamskerrie opsie gekies en het dit baie geniet (afgelewer in ons huisie). Ons kon ons motor onderdak parkeer teenaan die huisie. Lekker stywe matrasse en genoeg nuwe beddegoed. Heerlik geslaap na die lang rit. Ons sal Kambro weer gebruik in die toekoms.

Groete Willem

 Middag Wilma
Eerstens wil ons dankie se vir die lieflike eenheid waar ons oorgebly het op 20 en 28 Desember - Keurtjie
Ouma was baie beindruk met die mooi en skoon fasilitieite wat julle aangebied het

Groete
Hannes en Makkie

Beste Wilma

ONS GAAN VERSEKER WEER DAAR BY JULLE OM OORBLY! Want die akkommodasiene verblyf was werklik baie goed! Ons het dit terdee geniet en kon heerlik uitspan en rus! Baie dankie! Julle verdien beslis 'n 5-ster! Ek kan KAMBRO met groot verugde aanbeveel by vriende en familie!
En daai broodjie ................... Heerlik!! Baie dankie!

Nogmaals baie dankie!
Groete en Vrede!

Thinus van Vuuren

Geagte Gerhard & Wilma

Hiermee wil ons u graag bedank vir die lekker nag wat ons by u kon deurbring in die karavaanpark. (23 Junie 2006).  Dit was ons eerste oornagstop op 'n toer van 7 686 km en 21 dae deur Namibia. Ons het in hierdie tydperk by talle karavaanparke oornag (Upington, Keetmanshoop, Windhoek, Mariental, Etosha, Swakopmund, Ai-Ais, Ceres, Citrusdal, ATKV Hartenbos, Buffelsbaai).  Toe ons tuis kom en "vergadering" hou oor die vakansie wou ons weet waar die kinders nou eintlik die lekkerste gekamp het. Ons seun van 13 jaar het beslis geantwoord dat hy die lekkerste by u gekamp het en dat hy graag weer daar wil gaan kamp. Ons was baie verbaas maar soos hulle sê, uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor.

Die ontvangs was baie goed, die kamp was netjies en die ablusie geriewe puik. U kan verseker wees dat ons u by al ons karavaan vriende sal aanbeveel vir 'n oornag stop of vir 'n afkoel vakansie in stilte.

Sterkte vir die toekoms.
Pierre & Susan van Schalkwyk

We are back in Gaborone after our long vacation in South Africa. The stay at your place was very comfortable and we enjoyed the place. I wish to thank you for your lovely gesture to have given us the Wine for the New Year. It was so thoughful of you. May be some time we will again spend a day at Kambro. We also took a snap of our chalet so that we we can take our sweet memories back to India.

Thank you very much for your hospitality.
Regards,
Neeraj Srivastava, Gaborone.

Nogmaals baie dankie vir jul gasvryheid. Ek het die tydjie daar by julle baie geniet. Die kos was heerlik! Die rit na die Boesman tekeninge en artifakte was 'n hoogtepunt. Baie dankie daarvoor. Hoop om eendag weer daar by julle 'n draai te maak.

Groete, Carol Botha

Goeie dag Wilma

Ek wil baie baie dankie sê vir die heerlike warm slaap en welkom laat voel by Kambro.

Ons waardeer julle mooi huisie waarin ons kon oornag, die lekker plaasbrood en die hout wat jul verskaf het. Jul gasvryheid word baie waardeer. Die lekker warm beddegoed was vir my wonderlik!!!

Dankie dat ons ons vakansie op ‘n hoogtepunt kon afsluit. Ons sal beslis weer ‘n oornag by julle maak.

Mooi dag
Ilze Visser

Hiermee wil ons u graag komplimenteer.

Ons het die aand van 22 Januarie 2018 in die Asbos huisie oorgeslaap en wil u bedank vir u vriendelike diens en  netheid  van die huisie.

Die terrein was skoon en versorg en die geriewe binne die huisies was van top gehalte. Ons het die verblyf geniet en sal beslis weer by u aandoen.

Groete
Anneke Venter

Die doel met hierdie e-pos is om jou te bedank vir jou vriendelikheid en gasvryheid tydens my en my broer se verblyf by julle Sondagaand.  Ek was aangenaam verras met die verblyf en julle winkeltjie is pragtig!  Baie dankie ook vir die heerlike aandete Sondagaand en ons het die Springbokpastei langs die pad geniet en was spyt dat ons nie meer as een geneem het nie!

Baie sterkte vir julle en ons sal Kambro enige tyd aanbeveel.

Groete
Marguerite van Rensburg & Paul Potgieter

Goeie More
Ek wil net dankie sê vir die lekker verblyf ervaring verlede week daar by julle. Ons het dit dit baie geniet en sal beslis mense aanbeveel om ook daar oor te bly. Die plaasbrood is 'n bonus.

Groete
Melville Cloete

Dear Wilma and staff,
Thank you so much for having our crazy walkers in your lovely guesthouse. We haven’t been able to stop talking about the comfortable beds, “lekker plaasatmosfeer” and friendly welcome – also to our directors and management.  Once again DANKIE vir ons ontbytkospakkies – dit was heerlik.

Kind Regards,  Suzane and the week 3 team.

Vriendelike, behulpsame diens en aangename verblyf wag op jou by Kambro.

Kambro is gerieflik halfpad tussen Gauteng en Kaapstad geleë. Daar is baie gerieflike verblyfopsies vir kleiner groepe (twee mense) of 'n gesin. Baie welkom is die varsgebakte warm broodjie wat by jou verblyfplek afgelewer word teen vroegaand. Die swembad na 'n lang en warm rit deur die Karoo is ook uiters welkom.

Groete Jan

Baie dankie- ons het heerlik gebly in Karoo-aster afgelope Woensdag. Alles was keurig en die husie baie goed toegerus. Ons is bly ons het Kambro ontdek en sal dit graag verder deurgee aan kinders en vriende en kom bly weer met vreugde daar die volgende keer!

Vreindelike groete.
Daan en Ankie van Wyk,
Lambertsbaai.

Just a brief note to say we really enjoyed and appreciated our short stay at your Kambro cottages. In retrospect, it would have been nice to have spent 3 or more nights in the area. Interestingly, of our 15day tour of the N, W and E Cape, my wife and I and two daughters all agreed that two places which left the best and most indelible memories in our minds were Kambro and Cape Town.

The things my family enjoyed most during our stay at Kambro:
• swimming in the refreshing waters of the reservoir, with the "windpomp" spinning quietly in the warm Karoo afternoon breeze.
• the tasty items available at the farm stall. The repeated visiting of my children to the stall speaks for itself!
• a sunset braai under the cool shade of our cottage's Eucalyptus camaldulensis tree (photo attached)
• the scent of the Karoo vegetation between sunset and morning.
• an early morning run with oldest daughter up the nearest koppie to watch the sun rise: the scents, colours and quietness of the Karoo landscape (photo attached).
I really hope we get an opportunity to return to your part of the world one day.

Groete
Robin Gardner
Hilton, KwaZulu-Natal

Scroll to Top